Nahas Angula prys Mbumba in verjaarsdagwense

Loading player...
Oud-president Nangolo Mbumba verjaar vandag, en die voormalige eerste minister en stigtersminister van onderwys, Nahas Angula, het hom gelukgewens en hom geprys dat hy die leisels soomloos oorgeneem het ná die afsterwe van president Hage Geingob. Mbumba het as die tweede vise-president onder Geingob gedien van 2018 tot sy aanvaarding van die presidentskap in 2024. Angula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
15 Aug 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië kan groot baat by China se nul-tariewe

China se nul-tariewe op kwalifiserende Afrika-uitvoere kan beduidende voordele vir Namibië se handel en ekonomiese groei inhou. Daar word verwag dat die beleid nuwe geleenthede sal skep vir plaaslike ondernemings wat toegang tot internasionale markte soek. Hellen Amupolo, uitvoerende beampte vir besigheids- en kommersiële bankwese by Standard Bank Namibië, sê…
24 Oct 5AM 1 min

Windplaas stoot 44 megawatt in kragnetwerk

Die land se hernubare-energiesektor kry ’n hupstoot met die amptelike ingebruikneming van InnoVent se Diaz-windplaas suid van Lüderitz. Die projek van 1,9 miljard Namibiese dollar bestaan uit 11 turbines met ’n gesamentlike kapasiteit van 50 megawatt. Sowat 44 megawatt sal na die nasionale kragnetwerk gevoer word, terwyl die windplaas na…
24 Oct 4AM 1 min

Diamantwerkers se lot na parlement

Midde groot uitdagings in die natuurlike diamantbedryf wil die Mynwerkersunie van Namibië griewe van werkers in die diamantsny- en poleerbedryf voor die parlement sleep. Die vakbond dring aan op 'n ondersoek na werksverliese, lae lone, ontoereikende voordele en beperkte vaardigheidsoordrag aan Namibiërs in die bedryf. Die vakbond se sekretaris-generaal, George…
24 Oct 3AM 1 min

Unam eis antwoorde oor geld vir studenteprojek

Unam het 'n ondersoek van stapel gestuur na bewerings dat 140 000 Namibiese dollar van 'n EU-befondsde navorsingsprojek onbehoorlik na Nanso oorgeplaas is. Unam-woordvoerder Simon Namesho sê Nanso ontvang begrotingstoekennings as 'n projekvennoot, maar as koördineerder soek Unam dringende duidelikheid van die studente-organisasie rakende die fondse. Hy het met Kosmos…
24 Oct 2AM 1 min

Rugby: Bulle reg vir taai Iere

Die Bulle maak gereed vir 'n taai Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Ierse span Ulster, wat later vandag op Loftus Versfeld plaasvind. Die span van Pretoria het nie minder nie as agt veranderinge aan sy pak voorspelers aangebring in voorbereiding op die stryd teen die Ierse reuse. Willem Strauss, die Bulle…
24 Oct 1AM 1 min