VSA, Namibië 'moet vennootskap oor kritieke minerale bepaal'

Loading player...
Die groeiende Amerikaanse belangstelling in Namibië se kritieke minerale en energiesektor laat vrae ontstaan oor die aard van die verhouding tussen die twee lande. Die Amerikaanse ambassadeur John Giordano is reeds gekritiseer oor wat sommige beskou as aggressiewe druk vir Amerikaanse toegang tot hierdie hulpbronne. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die veteraan Amerikaanse diplomaat en politieke ontleder Brooks Spector dat beide kante nou moet bepaal hoe 'n wedersyds voordelige vennootskap moet lyk. Dit kom terwyl Namibië se belangrikheid as 'n produsent van kritieke minerale steeds groei.
15 Aug 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië kan groot baat by China se nul-tariewe

China se nul-tariewe op kwalifiserende Afrika-uitvoere kan beduidende voordele vir Namibië se handel en ekonomiese groei inhou. Daar word verwag dat die beleid nuwe geleenthede sal skep vir plaaslike ondernemings wat toegang tot internasionale markte soek. Hellen Amupolo, uitvoerende beampte vir besigheids- en kommersiële bankwese by Standard Bank Namibië, sê…
24 Oct 5AM 1 min

Windplaas stoot 44 megawatt in kragnetwerk

Die land se hernubare-energiesektor kry ’n hupstoot met die amptelike ingebruikneming van InnoVent se Diaz-windplaas suid van Lüderitz. Die projek van 1,9 miljard Namibiese dollar bestaan uit 11 turbines met ’n gesamentlike kapasiteit van 50 megawatt. Sowat 44 megawatt sal na die nasionale kragnetwerk gevoer word, terwyl die windplaas na…
24 Oct 4AM 1 min

Diamantwerkers se lot na parlement

Midde groot uitdagings in die natuurlike diamantbedryf wil die Mynwerkersunie van Namibië griewe van werkers in die diamantsny- en poleerbedryf voor die parlement sleep. Die vakbond dring aan op 'n ondersoek na werksverliese, lae lone, ontoereikende voordele en beperkte vaardigheidsoordrag aan Namibiërs in die bedryf. Die vakbond se sekretaris-generaal, George…
24 Oct 3AM 1 min

Unam eis antwoorde oor geld vir studenteprojek

Unam het 'n ondersoek van stapel gestuur na bewerings dat 140 000 Namibiese dollar van 'n EU-befondsde navorsingsprojek onbehoorlik na Nanso oorgeplaas is. Unam-woordvoerder Simon Namesho sê Nanso ontvang begrotingstoekennings as 'n projekvennoot, maar as koördineerder soek Unam dringende duidelikheid van die studente-organisasie rakende die fondse. Hy het met Kosmos…
24 Oct 2AM 1 min

Rugby: Bulle reg vir taai Iere

Die Bulle maak gereed vir 'n taai Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Ierse span Ulster, wat later vandag op Loftus Versfeld plaasvind. Die span van Pretoria het nie minder nie as agt veranderinge aan sy pak voorspelers aangebring in voorbereiding op die stryd teen die Ierse reuse. Willem Strauss, die Bulle…
24 Oct 1AM 1 min