Okh-polisie aangesê om hulle sokkies op te trek

Loading player...
Okahandja se adjunkburgemeester, Akser Aupindi, het die belangrikheid van leiers se teenwoordigheid in gemeenskappe beklemtoon, en die dorp se polisie gevra om hul sokkies op te trek en te verseker dat die gemeenskap terugvoer kry oor sake. Dit moet gebeur selfs in gevalle waar ondersoekbesonderhede nie volledig bekend gemaak kan word nie. Dit volg op 'n polisie-optrede in die dorp waarby die burgemeester, Ileni Mutumbulwa, afwesig was. Inwoners sê dit wys dat sy nie die gemeenskap se kommer en hartseer oor sekere kwessies deel nie. Dit sluit in die drie meisies wat meer as 'n jaar gelede in die dorp vermoor is en die onlangse saak van Da Silva Gowases wat deur 'n kroegeienaar met 'n panga aangeval is. Aupindi praat met Kosmos 94.1 Nuus:
19 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Unam eise antwoorde oor geld vir studenteprojek

Unam het 'n ondersoek van stapel gestuur na bewerings dat 140 000 Namibiese dollar van 'n EU-befondsde navorsingsprojek onbehoorlik na Nanso oorgeplaas is. Unam-woordvoerder Simon Namesho sê Nanso ontvang begrotingstoekennings as 'n projekvennoot, maar as koördineerder soek Unam dringende duidelikheid van die studente-organisasie rakende die fondse. Hy het met Kosmos…
24 Oct 2AM 1 min

Rugby: Bulle reg vir taai Iere

Die Bulle maak gereed vir 'n taai Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Ierse span Ulster, wat later vandag op Loftus Versfeld plaasvind. Die span van Pretoria het nie minder nie as agt veranderinge aan sy pak voorspelers aangebring in voorbereiding op die stryd teen die Ierse reuse. Willem Strauss, die Bulle…
24 Oct 1AM 1 min

COPPS 94.1: Inbrekers se turf sit

‘n Spanpoging tussen die polisie, buurtwag en private sekuriteitsdienste het Vrydagaand as deel van COPPS 94.1 se naweekpatrollie twee inbrekers in Kleine Kuppe aangekeer waar hulle op ‘n bouperseel in die fondasie probeer skuil het. ‘n Derde verdagte, wat vermoedelik gewapen was, het ontvlug. Daar moes ook gekeer word toe…
23 Oct 11PM 1 min

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min