NamPol kondig Amnestiemaand aan

Loading player...
Die Namibiese polisie het meer as 600 geweldsmisdade met vuurwapens aangeteken tussen September 2025 en Junie 2026 – insluitend 20 moorde en 261 ernstige rooftogte. Waarnemende Inspekteur-Generaal-Majoor Anne-Marie Nainda het die syfers bekend gemaak tydens die bekendstelling van die komende September Amnestiemaand. Nainda waarsku dat wapengeweld 'n ernstige bedreiging vir openbare veiligheid inhou en doen 'n beroep op Namibiërs om onwettige wapens en ammunisie by plaaslike polisiestasies gedurende September in te handig sonder vrees vir arrestasie of vervolging.
19 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Unam eise antwoorde oor geld vir studenteprojek

Unam het 'n ondersoek van stapel gestuur na bewerings dat 140 000 Namibiese dollar van 'n EU-befondsde navorsingsprojek onbehoorlik na Nanso oorgeplaas is. Unam-woordvoerder Simon Namesho sê Nanso ontvang begrotingstoekennings as 'n projekvennoot, maar as koördineerder soek Unam dringende duidelikheid van die studente-organisasie rakende die fondse. Hy het met Kosmos…
24 Oct 2AM 1 min

Rugby: Bulle reg vir taai Iere

Die Bulle maak gereed vir 'n taai Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Ierse span Ulster, wat later vandag op Loftus Versfeld plaasvind. Die span van Pretoria het nie minder nie as agt veranderinge aan sy pak voorspelers aangebring in voorbereiding op die stryd teen die Ierse reuse. Willem Strauss, die Bulle…
24 Oct 1AM 1 min

COPPS 94.1: Inbrekers se turf sit

‘n Spanpoging tussen die polisie, buurtwag en private sekuriteitsdienste het Vrydagaand as deel van COPPS 94.1 se naweekpatrollie twee inbrekers in Kleine Kuppe aangekeer waar hulle op ‘n bouperseel in die fondasie probeer skuil het. ‘n Derde verdagte, wat vermoedelik gewapen was, het ontvlug. Daar moes ook gekeer word toe…
23 Oct 11PM 1 min

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min