Cran maan oor opdatering van verouderde stelsels

Loading player...
Die Namibiese Kuberveiligheid-voorvalreaksiespan doen 'n beroep op organisasies om verouderende digitale sekuriteitsgapings reg te stel. Cran se woordvoerder, Mufaro Nesongano, waarsku dat kuberkrakers toenemend 'n 20 jaar oue tegniek, bekend as "Structured Query Language Injection", gebruik om webwerwe te mislei om beskermde databasisse bloot te stel. Deur skadelike opdragte in alledaagse vorms soos soek-funksies of aanmeldbladsye in te voer, kan kubermisdadigers wagwoorde omseil om kliënterekords te steel, finansiële lêers te verander of stelsels af te sluit. Nesongano sê besighede moet verouderde sagteware opdateer en gereeld hul webtoepassings toets om sensitiewe openbare data te beskerm.
20 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rugby: Bulle reg vir taai Iere

Die Bulle maak gereed vir 'n taai Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Ierse span Ulster, wat later vandag op Loftus Versfeld plaasvind. Die span van Pretoria het nie minder nie as agt veranderinge aan sy pak voorspelers aangebring in voorbereiding op die stryd teen die Ierse reuse. Willem Strauss, die Bulle…
24 Oct 1AM 1 min

COPPS 94.1: Inbrekers se turf sit

‘n Spanpoging tussen die polisie, buurtwag en private sekuriteitsdienste het Vrydagaand as deel van COPPS 94.1 se naweekpatrollie twee inbrekers in Kleine Kuppe aangekeer waar hulle op ‘n bouperseel in die fondasie probeer skuil het. ‘n Derde verdagte, wat vermoedelik gewapen was, het ontvlug. Daar moes ook gekeer word toe…
23 Oct 11PM 1 min

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min