Ithula doen beroep dat oorskot van ander soldate ook gevind word

Loading player...
Die leier van die Independent Patriots for Change, Panduleni Ithula, het Namibiërs versoek om die land se ontslape vryheidsvegters te vereer deur nasionale eenheid en die beginsels van die Grondwet te handhaaf. Dit kom terwyl die oorskot van ontslape vryheidsvegters vandag by Helde-akker herbegrawe word. Ithula het beklemtoon dat die eerbiediging van hul hoogste opofferings die handhawing van die vryhede wat in die hoogste wet vasgelê is, vereis. Hy het bygevoeg dat die nasie 'n voortgesette plig het om die oorskot van leiers wie se grafte nog onbekend is, insluitend Brendan Simbwaye en Tobias Hainyeko, op te spoor.
24 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min