Okahandja lei met planne met skuld

Loading player...
Die Okahandja Munisipaliteit sê dat hul onlangse oproep aan pensioenarisse, behoeftige inwoners en onafgeslote boedels om uitstaande munisipale skuld te registreer, streng 'n inligting-insamelingsoefening is, nie 'n gewaarborgde skuldafskrywing nie. Adjunkburgemeester Charl Coetzee verduidelik dat die registrasie-veldtog volg op 'n opdrag van die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie, om die omvang van die skuldlas onder kwesbare huishoudings te bepaal. Coetzee beklemtoon dat ingesamelde data aan die ministerie voorgelê sal word om te evalueer of befondsing of verligtingsmeganismes bestaan, en dat geen skuld op hierdie stadium afgeskryf kan word nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
24 Aug 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min