Amerikaner Clark vat BMW-kampioenskap

Loading player...
Die Amerikaner Wyndham Clark het na 'n stryd met sy landgenoot Patrick Cantlay en Rory McIlroy van Noord-Ierland die BMW-kampioenskap in Missouri met drie houe gewen vir sy derde oorwinning van die seisoen. Clark het die laaste dag met 'n voorsprong van vyf houe begin, maar dit is vinnig uitgewis nadat Cantlay en McIlroy hom ingehaal en uitgedaag het. Clark kon egter vasklou en het uiteindelik op 17 onder klaargemaak. Cantlay was tweede en McIlroy derde. Clark sê ervaring het hom oor die laaste hekkie gekry:
24 Aug 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min