Cosatu vol lof vir ANC-manifes

Loading player...
Die vakverbond Cosatu sê die ANC se 2026-manifes vir die plaaslike regeringsverkiesing gaan oor werkers se behoeftes, van werkskepping tot alle munisipaliteite se verpligting om salarisse te betaal. Die party se manifes dek ses belangrike prioriteite, insluitend beter watervoorsiening, betroubare elektrisiteitsvoorsiening en die aanspreek van diensleweringsprobleme in gemeenskappe. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die dae van middelmatigheid, korrupsie en misdadigheid moet einde kry en voeg by diegene wat nie hul kant bring nie, moet gaan:
24 Aug 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min