Binnegevegte, kandidatelys 'kan ANC knou'

Loading player...
Die politieke ontleder Ongama Mtimka vergelyk die ANC se huidige posisie met dié van ʼn sportafrigter met ʼn uitstekende wedstryd-plan, maar sonder die organiserings-vermoë om dit uit te voer. Die party se verkiesingsmanifes bevat ses belangrike voorkeur-gebiede gemik op die herstel van openbare vertroue, insluitend aandag aan dienslewerings-probleme. Mtimka het aan Newzroom Afrika gesê ʼn begeerte vir etiese, bevoegde leierskap word uiteengesit, maar die kandidate-kortlys vertel ʼn heeltemal ander storie:
24 Aug 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min