'Dis op my' - Rassie

Loading player...
Die 39-jarige veelsydige voorspeler Deon Fourie kan Saterdag sy 14de toets vir Suid-Afrika speel nadat hy op die bank ingesluit is vir die wedstryd teen die All Blacks in Kaapstad. Hy het sy internasionale debuut in 2022 gemaak en by die volgende jaar se Wêreldbeker sy 13de toets gespeel. Kaptein Pieter-Steph du Toit sal die 11de Bok word wat 100 toetse bereik. As Siya Kolisi speel, sal dit die mees ervare Bok-span ooit wees, met 'n gekombineerde totaal van 1 012 wedstryde in die opdraf-15-tal wees. Intussen het afrigter Rassie Erasmus gesê hy vat Saterdag se verloor op hom.
25 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min