LPM baklei in hof teen oud-Keetmans burgemeester

Loading player...
Die Landless People’s Movement het sy besluit verdedig om voormalige Keetmanshoop-burgemeester Melody Swartbooi uit die raad te onttrek, en sê dat alle interne beleide en wetlike prosedures streng gevolg is. Swartbooi het die party na die hof gesleep om haar verwydering en die aanstelling van die nuwe burgemeester Emrico Blaauw tersyde te stel, en beweer dat sy die behoorlike proses en kennisgewing geweier is. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa bevestig dat die party die aansoek sal teenstaan en sy wettige reg handhaaf om verteenwoordigers te vervang wat nie meer met sy doelwitte ooreenstem nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
25 Aug 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min