Nuwe Bestuurskomitee vir die Informele Ekonomie kry lof

Loading player...
Die industrialisasie-ministerie het die Nasionale Bestuurskomitee vir die Informele Ekonomie van stapel gestuur om ondersteuning vir grondvlak-ondernemings te koördineer. Met die informele sektor wat byna 60 persent van die land se BBP bydra en as 'n primêre bron van werk vir die jeug en vroue dien, beoog die nuwe liggaam om pogings van die openbare en private sektor met mekaar in lyn te bring. Danny Meyer, direkteur van SMEs Compete, sê dat dit nuwe entrepreneurs sal help om oor te skakel na formele ondernemings. Hy praat met Kosmos 94.1 Nuus:
25 Aug 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min