NNN sê nuwe helde moet veg teen korrupsie, armoede, verdeeldheid

Loading player...
President Netumbo Nand-Ndaitwah het in haar toespraak by die amptelike Heldedag-vieringe Namibiërs aangemoedig om te verenig en saam te werk aan 'n beter toekoms vir almal. Sy het na die bevrydingstryd verwys, maar ook die gewone mense wat elke dag opofferings maak sodat ander kan vooruitgaan, as helde uitgesonder. Die president sê die land het nuwe helde nodig wat standvastig teen vyande sal veg wat nie uniforms dra nie, soos korrupsie, armoede, werkloosheid en verdeeldheid. Sy sê elke Namibiër het 'n plig om te vervul. Luister self.
26 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min