Trump glo Iran se opperleier leef nog

Loading player...
President Donald Trump sê hy glo nie Iran se opperleier, Ayatollah Mojtaba Khamenei, is dood nie. Die seun van die voormalige opperleier, Ayatollah Ali Khamenei, is as Iran se nuwe leier gekies nadat sy pa in Februarie in Amerikaanse aanvalle dood is. Die jonger Khamenei het sedertdien nog nooit in die openbaar verskyn nie. Volgens berigte is hy dood of breindood. In ʼn onderhoud met die konserwatiewe radio-omroeper, Glenn Beck, sê Trump dat Khamenei baie ernstig gewond is in die aanvalle waarin sy pa dood is:
27 Aug 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min