Geen diesel het verdwyn: Eskom-ondersoek

Loading player...
Eskom sê hy het die onafhanklike regs-assessering, diesel-aanpassing, en verifiëringsprosesse van sy ondersoek na dieselverkryging- en bergingskontrakte afgehandel. Die ondersoek was na kontrakte van ʼn geraamde 21-miljard Suid-Afrikaanse rand wat in 2024 toegeken is. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die onafhanklike prosesse het geen bewyse gevind dat diesel waarvoor die kragverskaffer betaal het, weg is nie. Sy sê die ondersoek het wel gevalle bevestig waar Eskom-prosesse wat betalings aan sekere verskaffers betref, nie nagekom is nie:
28 Aug 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min