Unie sê digitale geld moet vir informele handelaars ook werk

Loading player...
Die Namibiese Informele Handelaars- en Shebeenwerkersunie verwelkom die Sentrale Bank se plan om digitale geld vir selfoongebruikers teen Junie volgende jaar in te stel. Dit is daarop gemik om finansiële insluiting uit te brei, kitsbetalings te verbeter en die informele ekonomie te formaliseer. Die unie sê egter dat behoorlike konsultasie nodig is om te verseker dat die stelsel vir informele handelaars en besighede werk. Die unie se sekretaris-generaal, Stefanus Matheus, sê die nuwe digitale finansiële produkte moet prakties wees.
28 Aug 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min