Regering moes lankal graan deur Amta koop

Loading player...
Landboukundige Wallie Roux sê die regering se besluit om graan van plaaslike meulenaars deur die Agro-Bemarkings- en Handelsagentskap, Amta, te koop, is lankal agterstallig. Dit volg op 'n buitengewoon goeie oes, met produsente wat nou sukkel om hul graan te verkoop. Die regering het 40 miljoen Namibiese dollar vir die aankope toegeken, terwyl plaaslik vervaardigde voedsel ook in die skoolvoedingsprogram ingesluit sal word. Roux sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Amta dit reeds moes gedoen het om die druk op produsente wat beperkte bergingsfasiliteite in die gesig staar, te verlig.
29 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min