Arbeidskenner sê GRN moet kleinsake ondersteun

Loading player...
Namibië se regering word aangespoor om burokrasie te verminder en sterker ondersteuning vir klein ondernemings te bied as hulle werkloosheid, armoede en ongelykheid wil aanpak. Die voorsitter van die Economic and Social Justice Trust, Herbert Jauch, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat terwyl die 8ste administrasie die betekenis van heldedom verbreed het om Namibiërs in te sluit wat 'n verskil maak na onafhanklikheid, moet die regering nou daardie ambisies met beslissende ekonomiese hervormings ondersteun.
31 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Media 'moet verskillende menings weergee'

Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sesi Baloyi, sê die media het enorme magte en verantwoordelikhede, maar dit moet regverdig, onafhanklik en in openbare belang toegepas word. Die vooraanstaande regsgeleerde het die hooftoespraak gelewer op die redakteursforum Sanef se fondsinsamelings-dinee in Houghton, Johannesburg, met die tema "Demokrasie se volgende hoofstuk word…
23 Oct 11AM 1 min

Theofelus verdedig hersiene begroting

Inligtingminister Emma Theofelus verdedig die hersiene begroting en sê dit neem ekonomiese druk soos inflasie, bek-en-klouseer en El Niño in ag. Sy het in die Nasionale Vergadering verwys na ’n begrotingstekort van 5,9 persent vir 2025/26 en ’n skuld-tot-BBP-verhouding van 65,4 persent. Sy sê die aangepaste besteding probeer dringende maatskaplike…
23 Oct 11AM 1 min

Rooi ligte oor regeringsinkomste, nes in 2015/'16: kenner

Regeringsinkomste is onder druk, onder andere weens ’n afname in die wêreldwye vraag na diamante, met inkomste wat volgens die middeltermyn-begrotingsoorsig met 1,5 miljard Namibiese dollar gedaal het. Ontleder Romé Mostert van Cirrus sê belastinginvorderings het tot vlakke soortgelyk aan dié tydens die Covid-19-pandemie teruggesak. Hy wys ook op ’n…
23 Oct 10AM 1 min

Hoekom groei ekonomie nie: Venaani oor begroting

Die PDM-leier McHenry Venaani het die middelterym-begroting gekritiseer omdat dit nie die lewenskoste, behuising, sanitasie en boere se uitdagings voldoende aanspreek nie. Hy wou tydens die begrotingsdebat in die parlement weet hoe die hersiende bestedingsplanne gewone Namibiërs se lewens gaan verbeter. Hy het ook gepleit vir groter belegging in landbou…
23 Oct 10AM 1 min