
Navo waarsku oor toenemende gevare van Rusland in Europa
Loading player...
Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie se sekretaris-generaal, Mark Rutte, waarsku dat Rusland al roekeloser raak terwyl sy oorlog teen Oekraïne voortduur. Hy sê Navo sien meer Russiese hommeltuie en missiele in bondgenote se lugruim langs die oostelike flank, wat ʼn groter gevaar vir Europa se veiligheid skep. Dit volg nadat Duitsland vasgestel het dat Moskou verlede maand verantwoordelik was vir ʼn mislukte hommeltuigaanval op die Leipzig-lughawe. Die hommeltuig het na bewering ʼn Oekraïnse vragvliegtuig geteiken. Rutte sê dis duidelik watter gevare Rusland inhou:

