
SAPS dank Feroz Khan af
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het bevestig dat die adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, afgedank is. Dit volg na sy versuim om voor ʼn interne polisie-tugverhoor te verskyn in verband met bewerings van wangedrag. Die Arbeidshof het Maandag Khan se dringende aansoek verwerp om ʼn tugproses, wat hom sy werk kon kos, te keer. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê aangesien die saak deur verskeie regsprosesse gegaan het, sal die SAPD die howe se besluite respekteer en nakom:

