Donderdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

Loading player...
PSALMS 1
Die Here lei die regverdiges
1Dit gaan goed met die mens
wat nie die raad van goddeloses volg nie,
nie met sondaars omgaan
en met ligsinniges saamspan nie,
2maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind,
dit dag en nag oordink.
3Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is,
wat op die regte tyd vrugte dra
en waarvan die blare nie verdroog nie.
Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.
4So is die goddeloses nie.
Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word.
5Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie
en sondaars nie 'n plek hê in die vergadering van regverdiges nie.
6Waarlik,
die Here lei die regverdiges op hulle pad,
maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.
3 Sep 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Kobus Botha

MARKUS 10 Jesus seën die kindertjies (Matt. 19:13-15; Luk. 18:15-17) 13Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Sy dissipels het met die mense daaroor geraas. 14Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My…
25 Oct 1PM 18 min

Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

LUKAS 17 Uitsprake van Jesus (Matt. 18:6-7,21-22; Mark. 9:42) 1Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. 2So 'n mens kan eerder met 'n groot klip aan die nek in…
25 Oct 3AM 24 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

LUKAS 18 Die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar 9Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het, het Jesus hierdie gelykenis vertel: 10“Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een…
24 Oct 2AM 22 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

MARKUS 13 Die profetiese rede: die tempel sal afgebreek word (Matt. 24:1-2; Luk. 21:5-6) 1Toe Jesus van die tempel af weggaan, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, kyk watter geweldige klippe en watter geweldige geboue!” 2Jesus sê vir hom: “Sien jy hierdie groot geboue? Hier sal nie een…
23 Oct 2AM 18 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

MARKUS 9 Die verheerliking op die berg (Matt. 17:1-8; Luk. 9:28-36) 2Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle op 'n hoë berg gebring waar hulle heeltemal alleen was. Toe het sy voorkoms voor hulle oë verander, 3en sy klere het blink geword, spierwit…
22 Oct 2AM 10 min