
G8 Bonsmara veiling het uitstekende genetika
Loading player...
Die G8 Bonsmara-veiling keer volgende week, Dinsdag, 8 September, terug na die Agra/Bank Windhoek Ring. Dertig bulle word aangebied, waaronder diere van Hartebeestloop, met gratis aflewering binne 'n radius van 200 kilometer. Die G8 Bonsmara-veiling kan ook aanlyn gevolg word via SwiftVee Namibia. Kosmos 94.1 Nuus het met Paul Klein, die hoofbestuurder van veilings by Agra, gesels. Hy sê die genetika is van uitstaande gehalte.

