SA se Verkiesingskommissie sukkel, ANC spreek vertroue uit

Loading player...
Die ANC het sy volle vertroue in die Verkiesingskommissie en sy integriteit uitgespreek. Die party hou vol tegniese probleme met die kommissie se kandidate-vasleggingstelsel het ʼn paar van sy kandidate vir die plaaslikeregeringsverkiesing se invoering op die stelsel geraak. Politieke partye en onafhanklike kandidate se benoemings moes teen vyfuur op 28 Augustus op die stelsel wees. Die kommissie sê egter sy stelsel het reg gewerk. ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu het aan Newzroom Afrika gesê hulle glo hulle sal die probleem met die kommissie oplos:
3 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gauteng vat gekaapte huise terug

Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings sê die DA se verklaring oor die onwettige besetting van behuisingsprojekte is misleidend. Die party beskuldig die departement dat hy versuim om behuisingsprojekte te beskerm en sê 14 is die afgelope vyf jaar onwettig beset - onder meer Eagle Nest, Western Mega Project en…
4 Sep 11AM 1 min

Namibië vra VN vir totale kernontwapening

Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, ambassadeur Penda Naanda, het dringende wêreldwye optrede versoek om kerntoetse te beëindig en totale kernontwapening te versnel. Naanda het tydens 'n hoëvlak-vergadering van die VN se algemene vergadering in New York gewaarsku dat toenemende geopolitieke spanning en die modernisering van kernwapens wêreldwye…
4 Sep 11AM 1 min

Dis hoe CAN Kankerappel-projek se fondse sal benut

‘n Appel ‘n dag sê hulle! In die geval, bring hy dalk die nodige dokter nader. Die bekende Kankerappel-projek van Bank Windhoek, ter ondersteuning van die Namibiese Kankervereniging, het ‘n rekord 4 miljoen Namibiese dollar vanjaar ingesamel. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se hoof, Rolf Hansen gesels.
4 Sep 10AM 1 min

Brand by Westelike Verbypad 'nie veldbrand'

Die Stad Windhoek-brandweer het bevestig dat 'n vuur wat tans in Baboon City, die informele nedersetting teenoor die Westelike Verbypad tussen Pionierspark en Unam brand, nie 'n veldbrand is nie. Die departement sê dit brand by 'n stortingsterrein in die gebied. Senior brandveiligheidsbeampte Fillipus Sikongo het met Kosmos 94.1 Nuus…
4 Sep 10AM 1 min