
Macron sê Frankryk en Brittanje is eensgesind oor Oekraïne
Loading player...
Die Franse president, Emmanuel Macron, sê Brittanje en Frankryk is eensgesind wat Oekraïne, die Midde-Ooste en multilateralisme betref. Die twee lande beywer hulle vir Europese ondersteuning aan Kiëf sedert Rusland se volskaalse inval meer as vier jaar gelede. Macron en koning Charles het gister die Britse Museum besoek vir die amptelike opening van die Bayeux Tapisserie-uitstalling. Die Middeleeuse meesterstuk is ʼn eeue oue simbool van die verhouding tussen die Franse en Britte. Macron sê daar is nou vertroue tussen Parys en Londen:

