
Visserye 'kort aksie, nie nog 'n indaba'
Loading player...
Die visserysektor het aksie nodig, nie nog 'n lang proses nie. Dit is die boodskap van Graham Hopwood, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê drie eenvoudige hervormings kan vinnig deursigtigheid en verantwoordbaarheid in die bedryf verbeter. Hy sê geleenthede soos die 2026 Nasionale Visserye Indaba, wat vandag afgeskop het, is onnodig. Hopwood het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deursigtigheid nodig is om korrupsie te verhoed.

