
TLU SA-kongres fokus op veiligheid, eiendomsregte
Loading player...
Die landbou-organisasie TLU SA sê sy jaarkongres in Pretoria het gefokus op landelike veiligheid, die beskerming van eiendomsregte, ekonomiese volhoubaarheid en die bewaring van grond en water. Die tema was: “Landbou: Begrond. Beskerm. Bewaar”. Hoofbestuurder Bennie van Zyl sê die paneelbesprekings het die basis gebied vir besprekings oor die beskerming van produsente en die hulpbronne waarvan toekomstige voedselproduksie afhang. Hy sê optrede is nodig om groter bestendigheid vir boere te skep:

