
Solidariteit ondersoek Amazon vir rasse diskriminasie
Loading player...
Die vakbond Solidariteit het 'n ondersoek van stapel gestuur na die Amerikaanse onderneming Amazon oor bewerings dat ondernemings in Suid-Afrika op grond van die eienaars se ras uitgesluit word van 'n sakeontwikkelingsprogram. Amazon Web Services se beleggingsprogram vir ekonomiese bemagtiging, wat gelyke deelname en insluiting bevorder, aanvaar volgens berigte slegs ondernemings in 100 persent swart besit. Connie Mulder van Solidariteit beklemtoon ras behoort nie 'n maatstaf vir ekonomiese geleenthede te wees nie:

