
Zim ignoreer eise vir vergoeding van onteiende boere - Freeth
Loading player...
Woordvoerder van SADC Tribunal Rights Watch, Ben Freeth, sê Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa se administrasie het versuim om formele appèlle te erken om ongeveer 4 500 onteiende kommersiële boere te vergoed. Freeth het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die regering meer as ses maande nadat hy 'n ope brief aan Mnangagwa uitgereik het, stilbly oor die afdwinging van grondregte en die herstel van die oppergesag van die reg. Hy sê die voortdurende weiering om die mylpaal-uitspraak van die SAOG Tribunaal van November 2008 te eerbiedig, ekonomiese herstel en landbouproduktiwiteit vertraag.

