
SA-meisies wat in Malawi verkoop is, gerepatrieer
Loading player...
Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, sê haar departement sal voortgaan om nou saam met Interpol Suid-Afrika en ander relevante wetstoepassingsagentskappe te werk om gevalle van kinderhandel aan te spreek. Dit volg nadat twee Suid-Afrikaanse meisies van onderskeidelik 9 en 15 jaar oud, wat in 2024 in Malawi verkoop is, veilig gerepatrieer is. Minister Pule sê die beweerde transaksie is deur 'n paartjie uitgevoer, bestaande uit 'n Malawiese burger van die Oos-Kaap en 'n Suid-Afrikaanse vrou:

