TLU SA vra vir beter wapenbeheer

Loading player...
Die landbou-organisasie TLU SA doen 'n beroep op die regering om beslis op te tree om die verspreiding van vuurwapens in staatsbewaring na misdadigers se hande aan te spreek. Die organisasie het die onlangse voorval van 'n gewese polisiebeampte, Christiaan Prinsloo, beklemtoon wat tussen 2007 en 2015 sowat twee-duisend vuurwapens uit polisiebewaring aan misdadigers verskaf het. Bennie van Zyl van TLU SA sê die wapens moes vernietig word, maar is in plaas daarvan gesteel en aan bendes op die Kaapse Vlakte verkoop.
4 Sep 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gauteng vat gekaapte huise terug

Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings sê die DA se verklaring oor die onwettige besetting van behuisingsprojekte is misleidend. Die party beskuldig die departement dat hy versuim om behuisingsprojekte te beskerm en sê 14 is die afgelope vyf jaar onwettig beset - onder meer Eagle Nest, Western Mega Project en…
4 Sep 11AM 1 min

Namibië vra VN vir totale kernontwapening

Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, ambassadeur Penda Naanda, het dringende wêreldwye optrede versoek om kerntoetse te beëindig en totale kernontwapening te versnel. Naanda het tydens 'n hoëvlak-vergadering van die VN se algemene vergadering in New York gewaarsku dat toenemende geopolitieke spanning en die modernisering van kernwapens wêreldwye…
4 Sep 11AM 1 min

Dis hoe CAN Kankerappel-projek se fondse sal benut

‘n Appel ‘n dag sê hulle! In die geval, bring hy dalk die nodige dokter nader. Die bekende Kankerappel-projek van Bank Windhoek, ter ondersteuning van die Namibiese Kankervereniging, het ‘n rekord 4 miljoen Namibiese dollar vanjaar ingesamel. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se hoof, Rolf Hansen gesels.
4 Sep 10AM 1 min

Brand by Westelike Verbypad 'nie veldbrand'

Die Stad Windhoek-brandweer het bevestig dat 'n vuur wat tans in Baboon City, die informele nedersetting teenoor die Westelike Verbypad tussen Pionierspark en Unam brand, nie 'n veldbrand is nie. Die departement sê dit brand by 'n stortingsterrein in die gebied. Senior brandveiligheidsbeampte Fillipus Sikongo het met Kosmos 94.1 Nuus…
4 Sep 10AM 1 min