
Cosatu het kommer oor inentingskoers onder kinders
Loading player...
Die vakverbond Cosatu is bekommerd oor die krisis met die inenting van kinders. Die Departement van Gesondheid het dit 'n openbare-gesondheidsnoodtoestand verklaar. Volgens die departement het die gedeelte van kinders jonger as een jaar oud wat nie inentings ontvang het nie van 12,1-persent in 2017 tussen Januarie en April vanjaar tot 36,3-persent gestyg. Dit laat een uit elke drie babas geheel en al weerloos. Matthew Parks van Cosatu sê dit stel die land bloot aan agteruitgang nadat groot vordering sedert 1994 gemaak is met voorkoming van sterftes van kinders onder vyf jaar oud:

