
Sankwasa 'ignoreer ||Khomanin, maar nie Zambezi-geskille'
Loading player...
Woordvoerder van die ||Khomanin tradisionele gemeenskap, Shaun Gariseb, het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, daarvan beskuldig dat hy nie formele griewe rakende leierskapsgeskille en finansiële bestuur in hul tradisionele owerheid hersien het nie. Na 'n optog by die ministerie se hoofkwartier in Windhoek, het Gariseb gesê die minister het hul petisie ignoreer, sonder om hul griewe te ondersoek. Gariseb het Sankwasa verder daarvan beskuldig dat hy tradisionele owerheidsgeskille selektief hanteer, en beweer dat terwyl leierskapsake in die Zambezi-streek vinnige persoonlike aandag kry, kwessies rakende die ||Khomanin en ander gemeenskappe geïgnoreer word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

