
Boere moet begin voorberei vir moeilike seisoen
Loading player...
Boere word aangespoor om vroeg voor te berei vir 'n moontlike droë komende seisoen. Dit volg op waarskuwings van hoër temperature en droogte wat verband hou met El Niño-toestande. Die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, Saai, dr. Theo de Jager, sê boere moet hul aanplantings, begrotings en waterverbruik noukeurig beplan en ook voorberei vir die verhoogde risiko van brande. De Jager het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat boere betroubare weerinligting en vroeë ondersteuning nodig het om die potensiële uitdagings wat voorlê, te bestuur.

