SA se mynbouproduksie daal in Julie

Loading player...
Statistiek Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in Julie met 7,5-persent op 'n jaargrondslag gedaal, hoofsaaklik weens afnames in die produksie van platinumgroepmetale, steenkool en ystererts. Verkope van minerale het ook met 5,6-persent afgeneem, terwyl goudverkope met meer as 33-persent getuimel het. Juan-Pierre Terblanche van Statistiek Suid-Afrika sê seisoenaal aangepaste mineraalverkope het op 'n maandelikse grondslag met 15,1-persent gedaal en mynbouproduksie is 1,9-persent laer as in Junie:
11 Sep 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Outismeverteenwoordigers kom in November in Windhoek byeen

Windhoek sal die middelpunt van wêreldwye outismevoorspraak wees wanneer die sesde Wêreld-Outisme-organisasie-kongres van 3 tot 5 November plaasvind. Sleutelkwessies soos vroeë intervensie, onderwys, indiensneming, regte en ondersteuning vir ouer outistiese mense sal bespreek word. Bianca Özcan (uitspraak: Iz-jan) van die Outismevereniging van Namibië sê die kongres kom op ’n kritieke…
22 Oct 5AM 1 min

Rugby: Stormers pak Scarlets in VRK-kragmeting

Die Verenigde Rugbykampioenskap gaan die naweek voort met onder andere die Stormers wat die Scarlets van Wallis in Kaapstad die stryd sal aansê. John Dobson, die Stormers se hoofafrigter, het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.
22 Oct 5AM 1 min

Namibië wil landbouproduksie verhoog en invoere verminder

Namibië moet plaaslike landbouproduksie uitbrei om invoere te verminder en meer in die land se eie behoeftes te voorsien. Dit volgens Ndapewa Hangula, waarnemende uitvoerende direkteur van die Namibië Beleggingsbevorderingsontwikkelingsraad, wat tydens die afsluiting van die tweedaagse Landboubeleggingskonferensie gepraat het. Sy sê die konferensie het gefokus op die lok van…
22 Oct 5AM 1 min

EU-rolprentfees plaas 10 Namibiese kortfilms in kollig

Die Europese Unie-rolprentfees bring plaaslike en internasionale rolprentkuns na Windhoek, met tien Namibiese kortfilms op die program, waaronder Connections, Okuruwo en One More Win. Die fees duur tot 19 November en bied gratis vertonings aan om Namibiese storievertelling en opkomende rolprenttalent te bevorder. Tjuna Daringo, voorsitter van die Filmmakers Association…
22 Oct 4AM 1 min

SA verhoog gebeurlikheidsfonds tot N$10 miljard

Die SA regering het sy gebeurlikheidsfonds tot tien-miljard Namibiese dollar verhoog vir die 2026/2027-boekjaar om voorbereid te wees op droogte, die verwagte El Niño-weerpatroon en moontlike verdere skokke in energiepryse. Die geld is bedoel om as buffer te dien vir noodgevalle wat bykomende druk op huishoudings, besighede en staatsbesteding kan…
22 Oct 4AM 1 min