Fidji verklaar MIV-noodtoestand

Loading player...
Fidji het ‘n noodtoestand verklaar rakende MIV. Gesondheidsbeamptes skat dat ongeveer 1 uit elke 60 volwassenes in Fidji tans met MIV leef, 'n toename vergeleke met 1 uit 165 vyf jaar gelede. Die epidemie het uitgebrei van gekonsentreerde hoërisikogroepe na die algemene bevolking. Voorgeboortelike toetse toon dat ongeveer 1 uit elke 50 swanger vroue wat voorgeboortelike sorg ontvang, positief toets; dit lei daartoe dat daar elke week ongeveer een baba met MIV gebore word. Fidji dien ook toenemend as 'n deurgangspunt vir onwettige dwelms soos metamfetamien en 'n toename in die gebruik hiervan en die wydverspreide deel van naalde, het infeksiekoerse aansienlik versnel. Die senior mediese beampte in die land se gesondheidsministerie dr. Dashika Balak het met CNN gepraat.
17 Sep 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hittegolf sal Namibiese binneland oor naweek tref

Die Namibiese Weerdiens waarsku dat hittegolf-toestande na verwagting tot oor die komende naweek sal voortduur, met temperature wat in sommige gebiede reeds tussen 36 en 42 grade Celsius bereik het. Albertina Anderson sê die weer-modelle dui daarop dat die hitte verder sal toeneem namate die naweek nader kom. Die publiek…
22 Oct 12AM 1 min

Jauch: Entrepreneurskap alleen sal nie werkloosheid oplos nie

Arbeidskenner Herbert Jauch sê die werkloosheidskrisis kan nie opgelos word deur van gegradueerdes te verwag om werkskeppers te word nie. Hy voer aan dat die oplossing lê in die transformasie van ’n ekonomie wat nie daarin slaag om genoeg werkgeleenthede met ordentlike vergoeding te skep nie. Sy opmerkings volg ná…
22 Oct 12AM 1 min

Zaamwani oorweeg bykomende voertuigontsmettingsfasiliteite

Landbouminister Inge Zaamwani sê ministeriebeamptes sal veesiektebeheerposte inspekteer om die behoefte aan bykomende voertuigontsmettingsfasiliteite te bepaal te midde van die bek-en-klouseer-uitbreking. Sy het dié onderneming in die Nasionale Vergadering gegee nadat Affirmative Repositioning-LP Fredrick Shitana kommer uitgespreek het dat voertuie deur kontrolepunte kan beweeg sonder om ontsmet te word. Die…
22 Oct 12AM 1 min

06:00 Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
22 Oct 12AM 4 min

Rusland gereed om vredesgesprekke te hervat

Rusland is in beginsel gereed om samesprekings met Amerika en Oekraïne oor die beëindiging van die oorlog in Oekraïne te hervat, volgens Yuri Ushakov, 'n senior assistent van Russiese president Vladimir Putin. Hy het gepraat nadat Putin Amerikaanse president Donald Trump se spesiale gesant, Steve Witkoff, in Sint Petersburg ontmoet…
21 Oct 11PM 1 min