Sondagaand Erediens - Past Deon Bosch

Loading player...
MATTEUS 5

Liefde vir die vyand
(Luk. 6:27-28,32-36)
43“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ 44Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. 46As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? 47En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie?
48“Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”
20 Sep 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Past Deon Bosch

EFESIËRS 6 Die Christen se wapenrusting 10Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. 11Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. 12Ons stryd is nie teen vlees en…
20 Sep 3AM 31 min

Saterdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

JAKOBUS 1 Versoeking en verleiding 12Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.
19 Sep 2AM 17 min

Vrydag Oggenddiens - Past Deon Bosch

MATTEUS 6 Skatte in die hemel (Luk. 12:33-34) 19“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. 20Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek…
18 Sep 2AM 11 min

Donderdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

FILIPPENSE 3 Die ware geregtigheid 1Verder, my broers, wees bly in die Here! Om dieselfde dinge aan julle te skrywe, is vir my nie moeite nie, en vir julle gee dit sekerheid. 2Pas op vir daardie dwaalleraars; pas op vir daardie mense wat kwaad stig; pas op vir daardie betekenislose…
17 Sep 2AM 10 min

Woensdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

PSALMS 51 Neem tog my sonde weg! 1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan 2dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba. 3Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! 4Was my…
16 Sep 2AM 11 min