Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die besluit om borgtog te weier aan die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, stem ooreen met waarvoor die staat gepleit het. Woordvoerder Kaizer Kganyago sê die staat het 'n sterk saak gestel. Sibiya word in die Randburgse landdroshof in Gauteng aangekla van verkragting, die seksuele gereedmaking…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah versoek tradisionele leiers om te help om armoede, droogte en voedselonsekerheid in hul gemeenskappe te bekamp. Haar boodskap is onlangs deur visepresident Lucia Witbooi tydens die 27ste jaarlikse vergadering van die Raad van Tradisionele Leiers in Otjiwarongo oorgedra, wat deur verteenwoordigers van al 53 erkende tradisionele owerhede…
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika moet gereed maak om van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa, uitgesluit te word. Dit volg nadat die verhouding tussen Washington en Pretoria versleg het, en ʼn besluit oor Suid-Afrika word op 2 November verwag. Die uitvoerende hoof van Solidariteit, Dirk…
Nog 'n skerp styging in voedselpryse kan volgende jaar verwag word, omdat die dreigende El Niño en bek-en-klouseer uitbreking landbou-uitset bedreig. Helena Mboti, 'n ekonoom by Standard Bank Namibië, waarsku dat dit die onlangse verligting in voedselinflasie ongedaan kan maak. Dit sal verdere druk op huishoudings plaas wat reeds onder…
Australië se eerste minister Anthony Albanese het politici gevra om die stygende temperatuur van politieke retoriek te temper. Dit volg nadat ʼn onafhanklike parlementslid, Helen Haines, gister buite haar kantoor in Wangaratta raakgery en ernstig beseer is. ʼn Drie-en-veertigjarige man is gearresteer. In 2025/2026 is een-duisend-67 berigte van teistering en…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.