Gevalle van A-pokke in Suid-Afrika styg tot 26

Loading player...
Die SA Departement van Gesondheid het vier nuwe gevalle van A-pokke bevestig, wat die gevalle in Suid-Afrika vanjaar op 26 te staan bring. Daar is 18 gevalle in die Wes-Kaap, drie in Gauteng, twee in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, en een in KwaZulu-Natal. Die departement sê die meeste pasiënte is mans tussen 23- en 50-jaar oud. Woordvoerder Foster Mohale vra enige iemand wat simptome ervaar, insluitend koors, 'n uitslag of geswelde limfkliere, om onmiddelik mediese hulp te kry:
19 Oct 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril sê SA moet regmaak om uit Agoa geskop te word

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika moet gereed maak om van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa, uitgesluit te word. Dit volg nadat die verhouding tussen Washington en Pretoria versleg het, en ʼn besluit oor Suid-Afrika word op 2 November verwag. Die uitvoerende hoof van Solidariteit, Dirk…
20 Oct 8AM 1 min

Voedselpryse gaan in 2027 skerp styg: ekonoom

Nog 'n skerp styging in voedselpryse kan volgende jaar verwag word, omdat die dreigende El Niño en bek-en-klouseer uitbreking landbou-uitset bedreig. Helena Mboti, 'n ekonoom by Standard Bank Namibië, waarsku dat dit die onlangse verligting in voedselinflasie ongedaan kan maak. Dit sal verdere druk op huishoudings plaas wat reeds onder…
20 Oct 8AM 1 min

Albanese vra kalmte ná aanval

Australië se eerste minister Anthony Albanese het politici gevra om die stygende temperatuur van politieke retoriek te temper. Dit volg nadat ʼn onafhanklike parlementslid, Helen Haines, gister buite haar kantoor in Wangaratta raakgery en ernstig beseer is. ʼn Drie-en-veertigjarige man is gearresteer. In 2025/2026 is een-duisend-67 berigte van teistering en…
20 Oct 7AM 1 min

Masemola terug, maar vertroue skraal

Die Vereniging van Staatsamptenare sê die herinstelling van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, kom op ʼn tydstip waar openbare vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens uiters min is. Masemola is in April geskors na strafregtelike klagtes wat verband hou met sy beweerde versuim om moontlike tenderbedrog in die SAPD te voorkom…
20 Oct 7AM 1 min

Bek-en-klouseer dwing uitstel van 2027 NLU Agribraai

Die stryd om bek-en-klouseer in die land in te beperk, het daartoe gelei dat die 2027 NLU Agribraai uitgestel is. Die geleentheid, wat vir Mei volgende jaar beplan is, lok rolspelers in die veebedryf en besoekers van regoor die land. Volgens die organiseerders kan die die braai, onder die huidige…
20 Oct 6AM 1 min