DA sê Eskom moet rekenskap gee oor kontrakte van N$ 41,4-miljard

Loading player...
Die DA sê Eskom se leierskap moet rekenskap gee oor bykomende werk wat deur bestaande kontrakte eerder as mededingende tenders toegeken is. Sunday Times het bevind die kragverskaffer was tussen Oktober 2023 en Maart vanjaar verantwoordelik vir byna 60-persent van die 69,6-miljard-rand se kontrakuitbreidings in nasionale departemente en staatsinstellings. DA-woordvoerder Kevin Mileham sê Eskom het gekwalifiseerde ouditmenings ontvang, en was verantwoordelik vir 41,4-miljard-rand se kontrakuitbreidings oor twee-en-ʼn-half jaar:  
19 Oct 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Albanese vra kalmte ná aanval

Australië se eerste minister Anthony Albanese het politici gevra om die stygende temperatuur van politieke retoriek te temper. Dit volg nadat ʼn onafhanklike parlementslid, Helen Haines, gister buite haar kantoor in Wangaratta raakgery en ernstig beseer is. ʼn Drie-en-veertigjarige man is gearresteer. In 2025/2026 is een-duisend-67 berigte van teistering en…
20 Oct 7AM 1 min

Masemola terug, maar vertroue skraal

Die Vereniging van Staatsamptenare sê die herinstelling van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, kom op ʼn tydstip waar openbare vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens uiters min is. Masemola is in April geskors na strafregtelike klagtes wat verband hou met sy beweerde versuim om moontlike tenderbedrog in die SAPD te voorkom…
20 Oct 7AM 1 min

Bek-en-klouseer dwing uitstel van 2027 NLU Agribraai

Die stryd om bek-en-klouseer in die land in te beperk, het daartoe gelei dat die 2027 NLU Agribraai uitgestel is. Die geleentheid, wat vir Mei volgende jaar beplan is, lok rolspelers in die veebedryf en besoekers van regoor die land. Volgens die organiseerders kan die die braai, onder die huidige…
20 Oct 6AM 1 min

Swakopmund maan inwoners ná brand tien huise vernietig

Die Swakopmund-munisipaliteit doen ’n beroep op inwoners van informele nedersettings om uiters versigtig te wees met oop vlamme, oorlaaide kragproppe en brandende kerse ná ’n brand wat onlangs tien sinkhuise in die DRK-nedersetting vernietig het. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het bevestig dat geen beserings onder die 25 ontheemde inwoners aangemeld…
20 Oct 6AM 1 min

Begrotingstekort kan tot 6,5 persent styg

Die komende middeljaar-begrotingshersiening mag dalk die regering se plan vir fiskale konsolidasie bevestig, maar die syfers vertel ’n ander verhaal. Almandro Jansen, ’n ekonoom by Simonis Storm, waarsku dat staatsinkomste tekortskiet en staatskuld toeneem. Dit kan die begrotingstekort tot 6,5 persent van die BBP laat styg, teenoor die begrote 5,5…
20 Oct 6AM 1 min