
Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek
Loading player...
Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om die gesprek te begin nie. Maar hoe voer ons moeilike gesprekke op ’n manier wat eerlik én respekvol is, sonder dat dit in ’n argument ontaard? Anja van Beek, kenner op die gebied van mense, leierskap en bestuur, sluit by Sarina aan om hieroor te gesels.

