
Namibië skiet tekort met begrotingsdeursigtigheid
Loading player...
Namibië is steeds onder internasionale standaarde wat begrotingskwessies aangaan. In die jongste Oop Begrotingsopname van die International Budget Partnership, het die land 53 punte vir begrotingsdeursigtigheid en 17 punte vir openbare deelname behaal. Martha Nangolo, 'n navorsingsmedewerker by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat die opname plaaslik gedoen het, vra dat die finansministerie en die parlement hierdie gaping oorbrug. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

