
Man in hegtenis ná BBP-sekuriteitsbreuk by Eros-lughawe
Loading player...
Die 25-jarige psigiatriese pasiënt Modestus Ndidalelwa is in hegtenis geneem nadat hy onwettig toegang tot die BBP-perseel van die Eros-lughawe op 12 Oktober verkry het. Dit is die tweede keer dat 'n psigiatriese pasiënt sekuriteit ontduik by persele wat hoogs bewaak behoort te wees. Polisiewoordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi sê dat Ndidalelwa aangekla is van oortreding en in die hof verskyn het. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

