
ABC van Ouerskap: V - Verlies
Loading player...
In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia Kritzinger is by ons om te gesels oor rou, ondersteuning en hoe ons as familie en gemeenskap ruimte kan maak vir ouers wat deur so ’n verlies gaan.

