
Intense hittegolf in Noorde tref Khomas Vrydag: Weerdiens
Loading player...
Die Namibiese Meteorologiese Diens het 'n dringende weerwaarskuwing oor versengende hitte oor die noordelike dele van die land uitgereik. Die diens sê 'n intense hittegolf is aktief en sal tot Sondag voortduur, met dagtemperature wat na verwagting tot 42 grade Celsius sal styg. Die hitte sal teen Vrydag die Khomas-streek bereik en oor die naweek verder suid versprei. Die publiek word sterk aangeraai om langdurige blootstelling aan direkte sonlig te vermy, en te sorg dat hulle genoeg water drink en strawwe buitelugtake beperk. 'n Ogie moet ook oor kwesbare mense soos babas en bejaardes gehou word. Die meteoroloog Albertina Anderson het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

