
45 leerders kry Duitse loopbaanwenke by slypskool by Von Bachdam
Loading player...
Sowat 45 leerders van Windhoek, Swakopmund, Tsumeb en Otjiwarongo het onlangs ’n eendag-slypskool by die Von Bachdam bygewoon. Die slypskool het gefokus op hoe Duitse taalvaardighede loopbaangeleenthede in Namibië en Duitsland kan skep. Gundula Perry, woordvoerder van die Duitse ambassade in Namibië, sê die geleentheid is deur die Duitse ambassade, die Universiteit van Namibië, die Goethe-Institut Namibia en Duitse onderwysers van die deelnemende skole gereël.

