
Landbouministerie fokus steeds eers op BKS-inperking
Loading player...
Môre is dit presies 'n maand sedert bek-en-klouseer vir die eerste keer in die //Kharas-streek bevestig is. Landbouminister Inge Zaamwani doen 'n beroep op die publiek en boere om geduldig te bly terwyl pogings om die uitbreking in te perk voortduur. Sy het in die parlement erken dat beperkings op beweging en handel 'n uitwerking op mense se lewensbestaan het, maar sê die bestryding van die siekte is nou die ministerie se hoogste prioriteit.

