
Gaan snuffel in CAN se winkels, help 'n kankerlyer
Loading player...
Die Kankervereniging doen ’n beroep op die publiek om sy tweedehandse winkels te ondersteun en sodoende kankerpasiënte te help. Die winkels in Windhoek en Swakopmund samel fondse in om die vereniging se pasiëntsorgprogramme te ondersteun. Uitvoerende hoof Rolf Hansen sê items wat ’n tweede lewe kry, kan ’n betekenisvolle verskil maak in die lewens van mense wat deur kanker geraak word. Hansen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

