
SA polisie sê sy aanlyn werwingsveldtog lok steeds groot belangstelling
Loading player...
Die Suid Afrikaanse polisie sê sy aanlyn werwingsveldtog lok steeds groot belangstelling, met meer as 300-duisend registrasies wat in net meer as drie dae aangeteken is. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê meer as 232-duisend aansoekers het die profiel-verifikasieproses voltooi, terwyl meer as 190-duisend reeds met hul aansoeke begin het. Sy sê die reaksie dui op groot belangstelling onder jong Suid-Afrikaners wat geleenthede soek om 'n loopbaan in die polisie te volg:

