
DA eis geregtigheid ná koukusleier in Vrystaat doodgeskiet word
Loading player...
Die DA eis geregtigheid ná die noodlottige skietvoorval waarin sy koukusleier in Metsimaholo, Thulani Mbana, Maandagaand in die Vrystaat doodgeskiet is slegs 'n week voor die plaaslike regerings-verkiesing. Mbana was ook 'n raadslid en het voorheen as lid van die burgemeesterskomitee vir Ruimtelike Beplanning en Menslike Nedersettings gedien. Die provinsiale polisiekommissaris, Solly Lesia, sê die motief vir die moord is steeds onbekend. Roy Jankielsohn van die DA dring aan die skuldiges moet voor die gereg gebring word:

